Ons Leuse

Geanker in hoop. Groei in liefde.

Wat ons bied

06:30 – 17:30 Leersentrum – graad R tot 7

13:00 – 17:30 Nasorg vir Laerskool Roodekrans leerlinge

By ons is almal WENNERS! 

Ons streef daarna om almal se eie potensiaal te bereik deur ‘n veilige waagruimte vir ons kinders te skep. Kinders word hier die kans gegun om op hulle eie tyd en eie manier te ontdek wie hulle is.  Ons koester al ons maats se uniekheid sonder om te kritiseer of te probeer verander. 

Hier kan kinders se selfbeeld groei terwyl hulle op hulle gemak en elkeen op hulle eie tyd leer en slimmer word. 

By Jabes Leersentrum is net slim kinders, elkeen op sy eie manier slim!

Ons werk met ‘n GDE goedgekeurde kurrikulum van gr R – gr 7.

Ons visie

Om kinders en ouers weer hoop te gee waar daar nie hoop was nie!  Jabes beteken NUWE HOOP!

Ons Missie

Om kinders ‘n kans te gee om op hulle eie spoed te ontdek en te leer “cope” met die uitdagings wat die lewe vir hulle bied. Ons missie is om kinders sterker te maak om weer by die hoofstroom in te skakel sou dit die behoefte wees.

Ons fasiliteite

Hier kan jou kind hulself uitleef in ‘n liefdevolle, gestruktureerde en pret omgewing waar opvoeding op fisiese, emosionele en akademiese vlak plaasvind.

Fooie

Jabes Leersentrum leerders:

Registrasie: R900 jaarliks
Skoolfonds: R2750/maand x 12
Nasorg tot 17:30: R850
Middagete ingesluit
Vakansieprogram: gratis vir voltydse leerders!
Kontak ons vir kurrikulum inligting en fooie.

Laerskool Roodekrans Nasorg leerders:

Registrasie: R500 jaarliks
Maandelikse fooi: R1850
Ingesluit:
Vergesel vanaf Laerskool Roodekrans asook na buitemuurse aktiwiteite by die skool.
Middagete en huiswerk
Vakansieprogram

Ure:

Voldag: 06:30 – 17:30
Halfdag: 06:30 – 13:00

Kontak ons gerus vir meer inligting.

Waar jou kosbaarste besitting ons eerste prioriteit is!
Ons doel is om jou as ouer meer kwaliteit tyd met jou kind te gee.